Ilze-Mari Homan
Hoërskool Oosterland
Tuisdorp
Leandra
Skool
Hoërskool Oosterland
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok was ontwerp deur Lizan Zondagh Couture. Ek het die rok by haar gehuur.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die oomblik wat ek hom aangepas het, het ek net geweet, die rok is vir my bedoel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Elegansie met ’n tikkie vuur.
Die swart kleur en die vlam-agtige detail op my arms en bors sê iets oor my persoonlikheid: sag, maar sterk; elegant, maar met ’n innerlike krag en intensiteit wat nie misgekyk kan word nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was nie net een spesifieke oomblik nie, maar die hele ervaring, van my aankoms tussen die klanke en kamera-flitse, tot die gevoel van selfvertroue en trots wat my deur die aand gedra het, en die besef dat dit regtig my aand was om te vier nadat ek só hard gewerk het my skoolloopbaan deur.
Planne vir na matriek
Ek gaan BA Industriële sielkunde studeer te Potchefstroom.
Gunsteling woord in Afrikaans
Pret – Want tussen stres en studeer moet daar altyd lag wees.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02