Ilone Venter

Hoërskool Ben Vorster

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is perfek ontwerp om mý lyf te pas. Om dít wat mooi is, te aksentueer en dít waarvan ek nie hou nie, te verdoesel. Ek hou van die mode wat amper suggestief vertoon, maar tóg is alles toe. Die "nude" voering van my rok was presies my velkleur en het die gevolg gehad dat die blou "subtle" was en dat die fyn kralewerk duidelik sigbaar was. Die vertikale lyne van my borsstuk, was verslankend. Die slit was só beplan, dat ek met selfvertrou kon loop en dans, want slegs die voering het 'n slit gehad. My rok was vir my sexy en classy.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het, soos enige ander meisie, van klein tyd af gedroom van my matriekafskeidrok. Ek het geweet hoe ek wil VOEL in my rok….SEXY, maar CLASSY. Kalib en Werner, van Werner Dey Couture het my dadelik verstaan en hulle towerstaffies geswaai. My rok was nie net 'n rok nie, dit was inderdaad 'n gevoel!!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok is die fyn handwerk van blink kraletjies en pêrels. My ma het my altyd geleer dat jy nie moet wegraak tussen ander, as jy gemaak is om uit te staan nie. Die rok is onmoontlik om mis te kyk met al die "bling" en met hom aan, voel ek asof niks in my pad kan staan nie, dat ek tot alles instaat is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media