Ilana Moolman

Midstream College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het oorspronklik rokke gaan aanpas met die idee om inspirasie te kry sodat ek my eie ontwerp kan maak, maar het vinnig van besluit verander toe ek die heel eerste rok wat ek aangepas het, gekoop het! Ek wou graag stylvol en elegant voel en die rok het beslis daarin geslaag. Ek is mal oor die eenvoud van my rok en saam met my grimering en hare het die hele prentjie na vore gekom. Ek het 'n meermin styl rok en 'n unieke rug ontwerp met bandjies wat agter bymekaar kom. Die rok is bandjieloos met 'n 'sweetheart' neklyn. Ek het ook 'n sleep wat die meermin styl komplimenteer. Die materiaal glinster mooi veral in die son. Ek kon nie meer tevrede met my rok wees nie en dit is alles waaroor ek gedroom het!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het vreeslik baie tyd op Pinterest spandeer en elemente van verskillende rokke saamgevoeg om my eie unieke idee te kry. My rok het 90% van die elemente op my lysie gehad en dit wat ek wou bysit of wegvat het ek net verander soos wat ek dit wou gehad het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is hoe elegant en volwasse dit my laat voel het. Dit het werklik soos 'n afskeid gevoel waar ek nou die volgende deel van my lewe gaan begin. Die unieke rug was my absoluut gunsteling deel en dit het die eenvoud perfek gebalanseer.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media