Idalé Wehmeyer

Hoërskool Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou nog altyd hë my ouma moes my matriekafskeidrok maak. Maar my ouma het siek begin word en toe kon sy dit nie doen nie. Sy het my ma en tannie se trou rokke gemaak, die mooiste borduurwerk, so baie perels en kristalle. Ai! So gebeur dit toe - My gunsteling kleur is rooi, net soos my ouma sin rooi is. My rok het ek toe op Pinterest gesien en ek het na Wedding Bells Couture in Witbank gegaan sodat hulle vir my die rok presies so kan maak, net soos ek van hom hou!!!! My matriekafskeid was perfek, my rok het perfek gesit❤️

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Middelburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou so baie kristalle op my rok hê soos wat op my ma se trourok was. Ek wou ‘n balrok hê. Ek wou ‘n rooi rok hê. My ouma Nonnie se gunsteling kleur is rooi, so ook is my gunsteling kleur rooi. My ouma se liefde vir my was my inspirasie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die borduurwerk op die rok, dat die rok so geblink het. Die borduurwerk wat voor af gegaan het teen die onderste deel van die rok. Daar is blommetjies wat borduur is wat ‘n 3d efek gee. Dis ongelooflik mooi. Dan die rug van my rok, waar hy toe gereig word.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media