Henéll du Toit

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Elke meisie droom oor die dag wat sy oor die rooitapyt gaan stap, die dag waar sy haar skoolloopbaan afsluit en haar toekoms oopsluit. Ek het van kleins af geweet ek wou soos 'n prinses voel en lyk en my ontwerper, Liezl Nortje, het my gehelp om die droom in 'n realiteit te omskep. Ek wou hê my rok moes stylvol en tydloos wees, maar ook by my persoonlikheid pas. Daarom het ek op 'n moulose bostuk besluit, met rok wat vloei soos 'n prinses sin.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die kleur pers. Die pers materiaal met 'n patroon het dadelik my aandag getrek. Pers is een van my gunstelling kleure en het mooi by die kleur van die Jakarandastad gepas. Pers is die kleur van sukses en vir my beteken dit 'n suksesvolle afsluiting van 'n wonderlike skoolloopbaan wat ek vir ewig sal koester.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die materiaal was definitief my gunsteling deel van my rok. Die materiaal is uniek met 'n patroon en glinster wanneer lig op die rok val. Die patroon met swart aksente het die rok steeds elegant en klassiek gehou. Die materiaal het definitief geslaag daarin, om die prentjie waarvan ek al lank gedroom het, te vervolmaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media