Heliné Minnaar
Die Hoërskool Menlopark
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Die Hoërskool Menlopark
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok is deur Karen Couturier gemaak. Ek het self die rok ontwerp, en sy het my idee tot lewe gebring. Die tyd en moeite wat sy in my rok gesit het, is duidelik sigbaar wanneer ek na die eindresultaat kyk. Dit was eers net ’n prentjie, ’n idee en ’n droom — iets wat uiteindelik in ’n pragtige werklikheid verander het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die insperasie agter my rok is sneeuwitjie. Ek wou hê haar elegansie moes sigwaar wees in my rok terwyl ek steeds my eie karakter uitbeeld. Ek het in plaas van geel, goud gebruik en dit as n overskirt gedra. Goud laat my voel assof ek met n stukkie son rond loop, wag ek met trots kon dra. My algehele kleur gebruik was rooi, blou en goud. Dit is n kombinadie wat skaars saam gedra word, maar dit was gepas om uit te beeld wie ek is. Ek wou n rok dra wat oë trek en dogtertjies laat droom.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is meer as net n paar stukke materiaal wat aan mekaar gestik is. Dit is n armour wat my lyf met elegansie kleet. Wanneer ek my rok dra virl dit assof ek die wereld kan oorkom met bloed rooi lippe, en die rok van n sprokiesverhaal. Ek het gevoel assof ek met trots en n hart wat oorloop van liefde kon loop want ek is n vrou! Ek was n dogtertjie wat droom en nou begin my seisoen van aksie neem. Om my sprookies rok te dra vir n aand soos matriek afskeid was die begin van vele drome wat lewe gaan kry. Ek wil jong dames en dogtertjie inspereer om te droom, want geen droom in onbereikbaar nie, begin net al vroeg trappe bou vir jouself om daar uit te kom.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die oomblikke toe ek my trane moes probeer terughou vir my spesiale mense. Dit was nie trane van blydskap of hartseer nie, maar trane van onbeskryfbare dankbaarheid. Daar was tye waar ek net stil gestaan het en om my gekyk het — om alles in te neem: die musiek wat speel, die gelag rondom my, voete wat oor die dansvloer skuur en die warm, vrolike arms wat my heeltyd omhels het. Ek het besef dat foto’s geraam word, grimering word afgewas en my droomsprokiesrok is uiteindelik in die kas gebêre , maar die gevoel van dankbaarheid sal vir altyd binne my hart bly.
Planne vir na matriek
Vir nou beplan ek om as au pair, plaaslik of oorsee, te werk en sodoende ervaring op te doen van die wêreld daar buite. Ek wil graag studeer — ek is net nog onseker oor watter rigting ek spesifiek wil volg. Ek stel belang in ’n verskeidenheid van kreatiewe rigtings, en ek sal graag in die ontwerpwêreld wil beweeg — van binnehuisontwerp tot klerontwerp. Ek wil ook graag vir myself ’n plek skep in die musiekbedryf. Ek het groot drome en mylpale wat dalk nou nog ver lyk, maar daarom vat ek dit dag vir dag en kyk wat die Here se plan is vir my — watter pad Hy wil hê ek moet loop.
Gunsteling woord in Afrikaans
Merkwaardig
Datum van matriekafskeid
2025-10-03