Helene Barnard
Hoërskool Nelspruit
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Koester
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeid rok is iets waaroor ek nogaltyd oor droom asook my ma. My gunsteling kleur was nog altyd blou ,maar die kleur van my rok het ek besluit toe een van my vriendinne vir my sê “Wow, Helene jy lyk so mooi in blou groen!” Die styl van my rok is iets waaroor ek baie gewonder het. Ek wou baie graag hê my rok moet klein valle hê ,maar ek wou ook graag ‘n spesifieke geplooide rok hê. Ek het vir tannie Carike gesê dat ek sukkel om die besluit te neem toe gee sy vir my die voorstel dat ons altwee doen. Die bokant van my rok was heel eenvoudig terwyl my romp ‘n spaanse flair gehad het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is heeltemal verlief! Toe ek my rok vir die eerste keer sien het ek geweet dis ek. My rok was gemaklik en ek kon die hele aand dans. Ek het soveel selfvertroue gehad en het graag gespog oor my rok.
Datum van matriekafskeid?
2025-08-16