Helene Barnard
Hoërskool Nelspruit
Tuisdorp
Lydenburg
Skool
Hoërskool Nelspruit
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeid rok laat maak by die ontwerper Carike Nel in Pretoria.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeid rok is iets waaroor ek nogaltyd oor droom asook my ma. My gunsteling kleur was nog altyd blou ,maar die kleur van my rok het ek besluit toe een van my vriendinne vir my sê “Wow, Helene jy lyk so mooi in blou groen!” Die styl van my rok is iets waaroor ek baie gewonder het. Ek wou baie graag hê my rok moet klein valle hê ,maar ek wou ook graag ‘n spesifieke geplooide rok hê. Ek het vir tannie Carike gesê dat ek sukkel om die besluit te neem toe gee sy vir my die voorstel dat ons altwee doen. Die bokant van my rok was heel eenvoudig terwyl my romp ‘n spaanse flair gehad het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is heeltemal verlief! Toe ek my rok vir die eerste keer sien het ek geweet dis ek. My rok was gemaklik en ek kon die hele aand dans. Ek het soveel selfvertroue gehad en het graag gespog oor my rok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Nadat al die ander met die busse terug skool toe gegaan het. Het ek en my metgesel agter gebly en vir ons ouers gewag. Toe kry ek die geleentheid om n laaste keer met my metgesel te dans. Dis ‘n herinnering wat ek nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek beplan om volgende jaar Verbruikers wetenskappe in mode te studeer by die Universiteit van Potchefstroom.
Gunsteling woord in Afrikaans
Koester
Datum van matriekafskeid
2025-08-16