Heleen Holtzhausen

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My citruse kleur rok is grasieus en elegant met n halter nek. n Gedeelte van die rok is gerouge en die voorkant het n stylvolle slit. Agter het die rok n dramatiese sleep wat opgevat kan word en gekomplimenteer word met die lang bande van die halter nek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My droom was 'n rok wat 'n Hollywood oomblik sou skep en my soos 'n miljoen dollar sou laat voel. Ek het geweet dit moes 'n halternek hê en dat die kleur uniek en die rok stylvol moes wees, sonder tierlantyntjies. Ilse Roux het my gehelp om al my idees in een prentjie te kry wat my persoonlikheid en figuur die beste komplimenteer. Die eindresultaat het meer as voldoen aan waaroor ek gedroom het, die rok en prentjie in geheel was beslis die wow oomblik wat die rok geïnspireer het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die treffende kleur van die rok tesame met die halternek-effek en hoe gemaklik ek gevoel het in die rok, is beslis deel van my gunsteling ervaring. Die kleur het uitgestaan en my gelaat gekomplimenteer en die eenvoud dog rykheid van die rok het 'n besliste impak gehad - dit was baie lekker om so pragtig te voel in die rok wat al my verwagtinge oortref het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media