Heleen Hagemann

C en N Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die 2 stuk koraal pienk rok met die 12 meter lap. Die 3 valle wat val en die klein knoppies teen my rug wat dit net elegant maak. Die opgepofte moue wat in die mode is en die fyn detail voor in my korset. Die net wat onder aan die rok is wat net daai ekstra mooi pof gee. Die snit van die rok wat my persoonlikheid uitgebring het, my gemaklik en soos myself laat voel het deur die aand, kon ek nie anders as om myself te geniet het nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Met my eerste soeke na 'n idee vir 'n rok, was dit die eerste foto wat ek gesien het. Ek het dadelik geweet dit is wat ek wil hê. Dit is ek. Gemaklik, vrolik en anders.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die opgepofte moue wat jou laat terug dink aan die 80's toe dit in die mode was en die ding was om te hê, die koraal pienk wat elegant is en my gelaat en haarkleur komplementeer. Ek het gevoel soos ek, op die drumpel van 'n nuwe lewe. Dit laat my dink aan die somer en die blomme wat blom.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media