Heide-Maré van der Berg

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ontwerp was gebôre vanuit die inspirasie van die rok: Skoenlapper. Ligte blou materiaal wat die wye blas lig voorstel waarin ek die metaforiese skoenlapper my vlerke gaan sprei en die wit gesteentes wat glinster as hoop vir talle eksamens en uitdagings van die verlede en vir die toekoms. Die meermin snit komplimenteer my liggaamstipe asook die sleep wat lekker saam my moes dans. Die rok se oop rug was ontwerp vir die Vrystaatse hutte en humiditeit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja - Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van jongs af kyk elke meisie na rokke, hare en naels vir haar groot dag. Nie die dag van trou beloftes nie, maar die feeverhaal dag van vriende en onnies groet oppad na ń nuwe hoofstuk. As dit nie vir my ouers se begroting was nie het ek ń rok van diamante en satyn gedra. Die groot inspirasie was om 20 jaar later na die fotos te kyk en nie te wonder "wat het kleine ek gedink nie".Tydloos, sjiek en elegant. En dan naturlik ń kleur-skema wat my gelaatstrekke komplimenteer, ligte blou. Na 12 jaar sprei ek my vlerke en vlieg na ń wêreld van die onbekende en nuwe avonture. Hoe gepas is die skoenlappers toe.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Nie net die blote feit dat my rok my soos ń prinses laat voel het nie of dat ek die enigste skoenlapper 'nimf' daar was nie, maar hoe die soomlyn van my rok kon draai en warrel op die dansvloer. Die prag van die saal se ligte wat op die kraletjies en pêreltjies van my rok geskitter het, soos helder sterre in die aand, die aand van my matriekafskeid.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media