Hanneleen Conradie

Hoërskool Garsfontein

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Garsfontein

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Wilma du Plessis.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Geel is my gunsteling kleur. Ek het 'n soortgelyke rok op Instagram gesien en was verlief op die idee.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vrolikheid.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Verseker toe ek in die rondte gedraai word deur my metgesel en die drie lae draai op hul eie maat. Sy ma het nogals vir hom gesê hy gaan my in die rondte moet laat swaai, want dis 'n rok vir draai.

Planne vir na matriek

Ek wil by die Noord-Wes Universiteit finansiële rekeningkunde (financial accounting) studeer. Ek wil ook volgende jaar voortgaan met landloop en atletiek.

Gunsteling woord in Afrikaans

Geel

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media