Hannah Spiller

Hoërskool Wilgerivier

Tuisdorp

Frankfort

Skool

Hoërskool Wilgerivier

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Anel Botha

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok kom uit ’n kombinasie van tydlose elegansie en moderne selfvertroue. Ek wou iets hê wat my persoonlikheid weerspieël sag maar sterk, klassiek maar met ’n bietjie vonkel. Die kleur en styl is geïnspireer deur die idee om in jou eie vel gemaklik te wees en steeds te skitter.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok simboliseer die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. Dis meer as net ’n rok, dit verteenwoordig al die harde werk, groei en herinneringe van my skooljare. Dit is ook 100% wat ek dink my gunsteling boek karakter sal dra. Wanneer ek dit dra, voel ek trots op hoe ver ek gekom het en opgewonde oor wat voorlê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Een van my gunsteling herinneringe was beslis om op die dansvloer te wees saam met my vriende, en om die aand af te sluit op ’n plaas met die mooiste sonopkoms.

Planne vir na matriek

Ek gaan BCom Ondernemingsbestuur studeer by Akademia en my fotografie besigheid (Riverie Photography) verder ontwikkel.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media