Hannah Jordaan

Hoërskool Hugenote

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Elegante, klassieke en handgemaakte Koningsblou rok. Die agterkant van my rug is heeltemal oop wat n halwe ovaalvorm gee met n diamant halssnoer wat van my rug afloop met n medium elegante sleep. Die voorkant van my rok is met pragtige materiaal en stene vasgewerk. My hele rok is met sequin materiaal bedek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hugenote

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was n elegante, klassieke, tydlose en handgemaakte rok. Ek was so geïnspireer deur Dazelle Venter van Be Dazzled se ontwerpe wat sy voorheen al gemaak het dat ek my idees met haar gedeel het en dit net jn haar hande gelos het. En so het ek my droom matriekafskeidrok gekry, dis alles presies net wat ek wou gehad het!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was defnitief my rug wat oop was met die diamant halssnoer wat van my rug afhang. Ek dink persoonlik dit was iets uniek gewees want niemand kon aan so n idee dink nie en dis wat my rok so laat uitstaan het. Ek was ook baie mal gewees oor hoe die rok gevorm is want dit het my figuur so mooi laat vorm. Ek het baie van die kleur gehou want dit het perfek by my vel gepas.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media