Hané van Dyk

Hoërskool Bergvlam

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ‘n blou-grys kleur wat in ’n regte klassieke en romantiese styl ontwerp is . Dit het ‘n “sweet heart neck line” asook wasige moue saam met ‘n sagte romp wat ‘n geheimsinnige spleet het. Ek weet dat my rok werklik uniek is: Ek kon my kunssinigheid uitbeeld deur self die plasing van die blommetjies op die rok kies, wat dit sommer so 'n natuurlike A-Simmetriese vorm laat aanneem het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bergvlam

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af die prentjie in my kop gehad van die spesiale droomrok vir my matriekafskeidrok. Iets wat my gemaklik in my vel laat voel. 'n rok wat my persoonlikheid sou laat uitsraal. Nadat ek weke lank deur foto's op Pinterest gekyk het na rokke wat soortgelyk na die dowwe prentjie van die rok wat ek in my kop gehad het gelyk het, het ‘n duidelike beeld in my brein begin vorm. Die uitvoering van my droomrok moes nog net gebeur en Hester Cronje van Creative Fashions, ‘n ontwerpster wie ons goed ken het daardie beeld vir my tot werklikheid gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is absoluut verlief op my hele rok. Dis so: "Ek", maar as ek ‘n gunsteling deel moes kies is dit definitief die moue. Die wasige moue maak my voel asof ek sweef en met grasie en vroulikheid beweeg.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media