Gwendelynn Tharratt

Brainline Cloud School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het altyd geweet nog baie jare voor my matriekafskeid dat ek graag 'n lang rok wou gehad het. Nou alledaags word ek geklassifiseer as lank, daai lank wat as jy hakskoene dra is jy langer as jou kerel, dus moes ek my rok laat maak. Ek het op die kleur swart besluit, omdat dit geklasifiseer word as elegant, net so was die rok se "bodice" van kant en die romp van sagte milan satyn vir 'n meer vloeiende effek. My rok wou ek graag gehad het moes my persoonlikheid weerspieel, van die swart "sequences" wat op die kant geborduur is (bodice) tot die vloeiende lang romp wat my skoene en bene komplimenteer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

13 Oktober 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Wat my geinspireer het was om uniek te wees. Ek het dus die roete gevolg om na oorsese trou rokke te kyk. Nou dit was nie die kontroversiele roete nie, maar, daar het ek verdere inspirasie gevind. Ek het inspirasie gevind toe ek die moderne "black wedding dress"-neiging ontdek het. Ek het spesifiek inspirasie gevind toe ek op 'n foto van Christine Quinn se trou rok af gekom het wat deur Galia Lahav ontwerp is. Sy het ook gestrewe om uniek te wees, en 'n dramatiese effek met haar rok te skep. Nou ek wou nie presies Christine se rok gehad het nie, dus het ek 'n bietjie verder gesoek, en ek het dus klein aspekte by die rok gevoeg om my eie "uniek" te skep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek sal definetief moet se my romp. My romp het 'n sleep gehad en 'n slit wat my been gewys het en my skoene gekomplimeteer het. Ek kon ook tydens die foto-sessie met my lengte flankeer.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media