Gudrun Speek

Hoërskool Landboudal

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die woema van n vrou met n positiewe selfbeeld lê nie in wat sy kan doen nie maar in wie sy is. Ek het altyd geweet ek soek n rok wat "glitter" &"sparkle" soos ek en ek het ook geweet dat dit by my persoonlikheid moet pas. As n rok by jou persoonlikheid pas dan voel jy gemaklik daarin en dit is eie aan jouself. My rok het my instaat gestel om myself te kon wees. Ek was nie BARBIE , CINDERELLA of RAPUNZEL nie, ek was my eie sprokiesprinses wat haar eie feëverhaal kon skep!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Landboudal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die felt dat my rok 2 kleure gehad het. Dit het my laat dink aan die lewe. Die lewe is soos n "MERRY GO ROUND , SOMETIMES IT'S UP & SOMETIMES IT'S DOWN" - BAIE ONVOORSPELBAAR! Seisoene kom en seisoene gaan en ons ervaar verskillende tye met verskillende tipes kleure in ons lewe. Ons weet nie altyd watter kant toe nie maar ons kan kies met watter kleur ons dit aanpak!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat ek myself kon wees. Ek was gemaklik en ek het nie op my rok of iemand anders se tone getrap nie. Die snit van my rok en die agterkant(die rug)het die hele beeld gekomplimenteer My rok het n fluewele gevoel gehad en dit het my kinderlik opgewonde gemaak het om aan my rok te vat. My rok was gemaklik , ek kon myself uitleef en ek het nie vir een oomblik gevoel dat ek myself moes verander nie!

Datum van matriekafskeid?

2023-08-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media