Gizela Willemse

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie rok het my soos 'n regte prinses laat voel. Die blou kleur het my oë en gelaatstreke gekomplimenteer. Die valle op die rok het volume en tekstuur geskep, en die moue oor my arms het bygedra tot die elegante gevoel. Die bo-stuk en slit het die algeheel klassieke gevoel van die rok, gekontrasteer, maar het die rok tog stylvol laat voorkom en my beste eienskappe beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die valle verteenwoordig die fases van my lewe. Elke wolk het 'n silwer randjie, dus word die rand-afwerking van die valle bedek met blinkers en blomdetail wat ook die stukkies van my persoonlikheid uitbeeld wat gevorm was tydens hierdie fases. Ons graad se tema van die jaar "don't go through life, grow through life" was deel van my inspirasie vir die blomdetail op my rok. Die blinkers simboliseer my beste herinneringe wat virewig in my hart gegrafeer is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Defnitief die blinkers op die rok. Dit laat my dink aan die towerstof wat "Fairy godmother" as 'n finale afwerking op Cinderella se rok met haar towerstaffie besprinkel het. Dit gee 'n magiese element aan die rok en verseker dat ek op die dansvloer uitstaan wanneer die lig daarop reflekteer.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media