Giselle Maritz
Helpmekaar Kollege
Ouderdom
18
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok is n elegante,meermin ontwerp met n nude basis en n silwer en rose gold pallet hang af in watter lig jy dit sien. Die detail gee dit baie dimensie en karakter van die beading aan die onderkant tot die kristalle aan my sy. Die oop rug en deursigtige elemente gee dit n stylvolle gevoel wat steeds modern en klassiek is.
Die rok het presies uitgekom soos dit wat ek in gedagte gehad het, dit vang n mens se oog met haar sprankelende glans en elegante styl wat op dieselfde tyd luuks en dromerig lyk asof dit gemaak is vir n spesiale aand waar elke detail saak maak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het begin met die beeld van ’n vrou wat op haar mooiste lyk, dansend in die middel van ’n balzaal onder liggies wat soos sterre bo haar glinster. Ek het saam met Diaan Daniels gewerk om daardie droom tot lewe te bring,elke kristal en hulle plek
op my rok is met sorg beplan totdat my visie ’n werklikheid geword het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die oop rug is 100% my gunsteling deel.
Dit simboliseer vir my die sagtheid én krag van ’n vrou, ’n elegante deel van haar liggaam wat selfvertroue en skoonheid uitstraal.Die rug en die ontwerp rondom dit wys die lig wat elke vrou in haar dra.
Wanneer ek die rok aantrek laat dit my voel asof ek meer as net geklee is, ek word omsluit met selfvetroue en elegansie.
Daar is iets besonders daaraan, dit wys om die aandag te vra nie,maar om stil krag en vroulike grasie uit te straal.
Datum van matriekafskeid
2025-10-04