Giné Lubbe

Hoërskool Piet Potgieter

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Megan van Crystal Blossom in Polokwane was vir my n natuurlike keuse omdat sy ontwerp wat by jou persoonlikheid pas. My rok was n samestelling van n paar fotos wat ek op Pinterest gekry het. Dit moes anders wees en uitstaan. En hoe anders as die pragtige rooi kleur om my te laat uitstaan en my gelaat te komplimenteer. Stylvol, dog ook gemaklik. Ek is mal oor die korset bostuk wat agter toe ruig. Dit was uiters gemaklik. Die effense sleep het dit beslis stylvol laat lyk. Met die slit kon ek bietjie been wys en natuurlik, my minder tradisionele sneakers.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja 2023-09-28

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was natuurlik om die einde van 12 jaar af te sluit op n hoë noot. Rooi is n helder kleur wat beslis geluk uitstraal. Ek wou die einde van my skoolloopbaan vier in n rok wat my uniek en spesiaal laat voel. Daardie "once in a lifetime " gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die korset bostuk wat perfek gepas het en die rok het sakke ingehad sodat ek nie n handsakkie of iets soortgelyks sou benodig. Ek was mal oor die sakke wat die rok n anderste gevoel gegee het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media