Gerardine Versfeld

Hoërskool Brackenfell

Tuisdorp

Brackenfell

Skool

Hoërskool Brackenfell

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is gehuur by: THAT'S THE DRESS in Bellville. My hemelsblou prinses-styl rok het my tydloos laat voel soos 'n regte sprokiesprinses. Die sagte hemelsblou kleur simboliseer rustigheid en drome trewyl die prinses snit met die mooi uitwaaiende vallende romp en die fyn "detail" op die bo-stuk dit 'n elegante voorkoms gegee het. Die blou kleur het my oë laat uitstaan. Die blou kleur herinner my aan vrede, vryheid en ek wou hê alles moes natuurlik saamvloei.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My hemelsblou prinses rok het perfek by my blou oë en ligte vel gepas. Elke dogtertjie wil voel sy is 'n prinses en in hierdie rok het ek regtig soos een gevoel. Die kleur en elegante styl het iets dromerig en spesiaal aan my matriekafskeid gegee. Dit was soos om vir een aand in my eie sprokieswêreld te leef. My inspirasie vir die prinsesrok kom uit my liefde vir eenvoud, saggeaardheid en my geloof.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok was 'n droom wat bewaarheid was. Dit het my selfvertroue gegee en my grasius en stylvol laat voel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ons was vyf maats wat saam gery het in 'n limousine met lekker musiek en gemaklike atmosfeer. Die kos by onthaal was smaaklik.

Planne vir na matriek

Ek wil B-com Rek studeer

Gunsteling woord in Afrikaans

Interessant

Datum van matriekafskeid

2025-06-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media