Genna Labuscagne

Hoërskool Noordheuwel

Tuisdorp

Roodepoort

Skool

Hoërskool Noordheuwel

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Anysha,van Klere&Co. Sy het die rok ontwerp inlyn met my visie en dit met die hand gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was nie die tipe meisie wat al in Gr.8 geweet het hoe haar matriekafskeidrok gaan lyk nie. Ek het wel geweet ek soek klein fyn blommetjies en ń rok wat kan vloei soos ek loop. Ek het ń foto aanlyn gesien wat al die boksies getick het. Aan die begin het ek geworstel tussen geel,donker groen en navy blou- en iets in my het gesê “kies geel” en dit was 100% die regte keuse.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok vertolk wie ek is,my persoonlikheid,my gesindheid en my menswees. Ek wou ń rok hê wat my soos ń dame laat voel en wat elegansie voorstel. In my rok het ek gevoel soos sonskyn! Dis hoe ek wil hê mense moet my sien. ń Lig op ander se pad.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die aand was definitief toe ek en my vriendinne op die trappe van die venue gaan sit het omdat ons die laaste mense daar was. Ons kon voel hulle probeer ons eintlik weg jaag en skoon maak maar dit was nog nie 00:00 nie en ons wou elke laaste minuut van die aand inneem.

Planne vir na matriek

Ek het ń groot liefde vir Jesus en om te dien, daarom gaan ek volgende jaar ń onderskeidingsjaar by my kerk, Mosaïek, doen. Die program sluit in om by al die verskillende bedienings te dien en so beplan ek om uit te vind wat die Here se plan is vir my toekoms- of dit teologie,onderwys of besigheids is. Daarna wil ek graag gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Ongeëwenaar

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media