Gaill Makousa

Potchefstroom Gimnasium

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool

Potchefstroom Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Dorothy Williams van Golden Thread het my rok ontwerp.Sy is een van my ma se hoërskool vriendinne en sy het ALTYD ‘n passie vir mode-ontwerp gehad.🤩

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok is geïnspireer deur ‘n Griekse ontwerper se bridal collection—nie net oor styl nie ,maar oor simboliek.Die rok was oorspronklik’n bruid se reception dress na die troue . So dit is een rede hoekom die rok kort is . Tweedens die rok is kort want ek wou nie duur materiaal laat rond sleep en bederf op die vloer nie .Hierdie rok kombineer elegansie,simboliek en laat my vrylik beweeg,dans en lag — alles wat ‘n perfekte matriekafskeid aand kort.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken VERSKRIKLIK baie vir my. Weens dat dit ‘n bridal rok is herhinner dit my dat ek die bruid van Christus is .Rein,uitverkies en apart gestel.Die kerk is entlik die bruid van Christus ,en ons is die kerk want Hy leef in ons. Ek het doelbewus nie gekies om in te meng met die norm nie ,maar om vir koninlike waardigheid te staan.As iemand wat nie net mooi wil wees nie ,maar betekenisvol wou wees,want ek wil ‘n boodskap oordra.Plus die fyn detail op die rok ,na die pêrels,die bling✨ ens beeld die ontwerper se harde werk en tyd ,en dit is hoe God ons geskape het met aandag na detail.Ons tema vir matriekafskeid was : Met ‘n Strikkie.Dis is daar strikkies op die rok,wat my gunsteling deel is !!How I love being a woman 🤭So ja ,ek kan ‘n boek skryf oor hierdie rok,ek LOVE LOVE dit !

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van matriekafskied was die dag se voorbereiding.Ons het ‘n hotel suite bespreek.Ek en my tweeling broer was bederf die heeldag!Ons het ook ‘n bespreking by die hotel se restaurant gehad waar ons familielede en vriende uitgenooi het vir foto’s .So die mooi lyk ,foto’s neem en non-alcoholic champagne was beslis my hoogtepunt.

Planne vir na matriek

Ek is aanvaar vir aptekerswese by die NWU.Ek het ‘n liefde vir medisyne ,gesondheidwetenskappe en mense .My hart is om te dien.Maar ek weet egter nog nie finaal of ek dit wil doen nie,ek wag nog op ander Unversiteite.

Gunsteling woord in Afrikaans

Chirurg

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media