Gabrielle Brook

Hoërskool Paarl Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Vlinder

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

In graad 1 het ons in die klas ń skets gemaak van ons droom matriekafskeidrok. Dit het werklik my droom gebly en gedien as my inspirasie vir die styl, sequins en kleur. Vroeër die jaar het ek ń soortgelyke rok, net in ń ligter kleur, gehuur wat vir my die idee vir die snit van die rug gegee het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is vir my ń uitbeelding van wie ek is. Ek wou dit elegant en meer eenvoudig gemaak het, wat pas by my geaardheid. Die sequins in die blom patrone was net daai ietsie ekstra wat die rok lewe gee. Die rok is werklik net ń realiteit van my kinderdrome.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media