Gabrielle Balie

La Rochelle Girls High School

Tuisdorp

Malmesbury

Skool

La Rochelle Girls High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die ontwerper van my matriekafskeidrok is Lauren Reynard (Lauren Couture) wat vanaf die eerste konsultasie verstaan het dat sy my persoonlikheid deur my rok moes weerspieël. Sy is baie professioneel en spesialiseer in trourokke. Geel is my gunsteling kleur en die detail wat sy op my rok aangebring het my storie uitgebeeld.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my matriekafskeidrok was die prinses 'Belle' in die musiekblyspel 'Beauty and the Beast'. Toe ek die hoofrol in 2024 loslaan vir die musiekblyspel wat ons in Augustus 2025 opgevoer het was dit 'n bevestiging dat ek bestem was om geel te dra wat my dramatiese sy uitbring.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie omdat dit gestalte gee aan die jong dogtertjie wat transformeer na 'n jong volwasse dame. Deur my matriekafskeidrok het ek my liefde vir drama uitgebeeld deur die lang geel sykant of sleep wat my veelsydigheid (sing/dans/toneelspel) voorstel. Die blinkers op my rok wys dat daar afronding kom met my blootstelling aan akademie en kultuur. Die lang oop spleet verteenwoordig oneindigende moontlikhede waar ek volgende jaar LLB by Stellenbosch gaan studeer. My matriekafskeidrok wys eintlik my 'BOLD' persoonlikheid, maar met standvastigheid en nederigheid.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogepunt was natuurlik die aantree oomblik op die rooi tapyt waar ons ontvang was deur 'n gejuig van die skare en later om my skoene te laat waai en lekker te dans en lag saam met my vriende.

Planne vir na matriek

Ek beplan om LLB (regte) te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en aan die dramaklub aan te sluit.

Gunsteling woord in Afrikaans

kolwyntjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media