Gabby Mouton

Paarl Gimnasium

Tuisdorp

Paarl

Skool

Paarl Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Chantelle Knoetze , Adorn

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was om ñ klassieke en tydlose voorkoms te skep. Die groot strik en sagte lae gee die rok ñ romantiese en unieke gevoel en toe ek dit aantrek het ek regtig soos n prinses gevoel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok beteken vir my ongelooflik baie want dit verteenwoordig een van die spesiaalste oomblikke in my lewe. Dit simboliseer die afsluiting van my skoolloopbaan en die begin van ñ nuwe hoofstuk in my lewe. Elke keer as ek daaraan dink onthou ek die opwinding,vreugde en trots wat ek gevoel het op daardie aand.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit was beslis die hele ervaring van die aand-van die oomblik toe my grimering klaar was en ek my rok aangetrek het tot die laaste dans. Om elkeen van my vriendinne te sien en saam met hulle te lag en fotos te neem was baie spesiaal. Die dans was my gunsteling deel en is definitief die seer voete werd. Dit was vir my ñ voorreg om so ñ spesiale aand met spesiale mense te deel.

Planne vir na matriek

Ek gaan by Isa Carstens in Stellenbosch ñ diploma in somatologie gaan studeer vir 3 jaar. Ek is baie opgewonde vir hierdie hoofstuk in my lewe

Gunsteling woord in Afrikaans

Lag

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media