Franciska-Louise Raubenheimer

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dieprooi "Dutchess" satyn, met 4 laag sagte volsirkel net en handgewerkte geborduurde net detail. Ek wou iets gehad het wat by my persoonlikheid pas, iets wat uitstaan en my soos 'n prinses sal laat voel en lyk. Tannie Sandra Pretorius van Sandra Couture ken my al vandat ek baie klein is en sy het my idee perfek vasgevang in hierdie pragtige rok van my! Ilse Volschenk van Schoonheid, Hair & Makeup het my grimering gedoen.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek klein was, was my gunsteling sporkiesverhaal, Sneeuwitjie, met haar sneeu-wit vel, pikswart hare en bloedrooi lippe. Ek wou net soos sy lyk! En nou op 18jarige ouderdom het die kleindogtertjie binne my se grootste droom waar geword..

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kant detail wat onvoorspelbaar soos blare, op die romp af rank en teen my korset op rank.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media