Fiola Cupido

Hoërskool Bredasdorp

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur Petri van der Merwe (Petri van der Merwe Designs) ontwerp. Ek het van kleinsaf gedroom dat my matriekafskeidrok turquoise blou moet wees met sommer baie blinkertjies. Oor die jare het dit bietjie verander nadat ek vir ure op "Pinterest" rondgesoek het. Ek het die perfekte kleur en materiaal gekry wat my vel perfek gekomplimenteer het. Emerald groen en silver! Die oomblik toe ek die finale skepping aangepas het, het ek werklik soos n prinses gevoel. Te danke aan Petri van der Merwe is my droom bewaarheid!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

29 September 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok hê wat eenvoudig is, maar ook dadelik die oog vang. Ek het n bietjie uit my gemaksone geklim en iets probeer wat ek gewoonlik nie sou dra nie. Die inspirasie vir my rok was my eie idees, kreatiwiteit en droom wat nou n werklikheid geword het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok is beslis die blinkertjies en die spleet! Gedurende die aand het dit behoorlik geblink en n elegante effek gegee.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-23

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media