Eva Lloyd
Hoërskool Nelspruit
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok kom uit die liefde wat ek het vir die see, Griekeland en natuurlik die fliek 'Mamma Mia' wat daar geskiet was. Ek het eers geen idee gehad wat om te doen vir my rok nie, tot dat ek in my ma se Delftse borde wat in ons kombuis staan vasgekyk het, toe ek die blou teenoor die wit gesien het, het dit my laat dink aan die branders wat breek by die see en dit het my die idee gegee om ń wit en blou rok te laat maak. Dit het my ook laat besef dat ek ń rok so moet ontwerp dat ek my liefde vir die see met ander kan deel deur middel van die rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kan nie net een aspek van die rok noem wat my gunsteling is nie. Hierdie rok is wat mense sal noem 'Timeless' wat nooit uit mode uit sal val nie. Die oop rugontwerp wat ń balans tussen verassing maar elegant uit beeld is ook ń groot hoogte punt van my rok. Ek is ń 'plain' mens, maar ek het gevoel ek moet ń persoonlike element aan die rok byvoeg, en die oop rug was die perfekte idee. Maar dit wat vir my die meeste uitstaan, is hoe die rok in die son glinster. Die wit en blou sekwins het ń asemrowende effek in die sonlig geskep wat my spesiaal laat voel het op my spesiale dag.
Datum van matriekafskeid?
2025-08-16