Eunice de Beer

Die Hoërskool Wagpos

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vanaf graad & het ek my grootste droom ontwerp: My Matriek rok ! Ek het altyd gesê dat ek anders wil lyk as wat mens elke jaar sien... n "statement" maak soos nog nooit van tevore. En ek het dit reg gekry. Ek het my rok ontwerp vanaf 4 verskillende rokke wat uit gestaan het en dit saam gebring. My rok simboliseer n deel van my omdat dit kreatief, sprankelend, en steeds bietjie donker is. Net soos die takke hulle hoogtes bereik in die natuur, het ek my doelwitte ten volle bereik op skool

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Wagpos

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die woorde van Vincent van Gogh: “If you love nature, you will find beauty anywhere.” Ek was nog altyd n liefhebber van die natuur: die skoonheid, en rustigheid wat dit jou gee. Dit is presies wat ek wou hê my rok moet reflekteer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die lang deursigtige mou wat dit laat lyk asof die takke teen my arm op rank.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media