Eriné Lategan

Hoërskool Gimnasium Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vir myself is my rok onverwags. Nie die styl nie, maar eerder die kleur. Dit was ‘n uitgemaakte saak, my rok sou ek laat maak, champagne goud! My enigste doel toe ek instap by Bride and Co. was om style en snitte te pas…toe pas ek hierdie “show stopper” aan. Hierdie helder pienk rok met sy unieke strik en sleep is drama, styl en sjiek…als in een.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Gimnasium Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos enige ander tiener meisie het ek al lankal begin met ‘n Pinterest board “matriekafskeid rok😍”. Ek is sportief en sterk gebou en het beslis nie jou Victoria Secret Model hourglass lyf nie! Die champagne rok wat ek ingedagte gehad het, sou my liggaamstipe moes vlei. Hoë slit om lengte te skep, gerouge om my middel en strapless om my breë skouers te versag. Toe ek hierdie pienk rok aanpas was dit als wat ek wou gehad het en soveel meer…en al wat ek kon sê was WOW!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is versot op elke aspek van die rok, maar die “showstopper” van my rok is die groot strik en sleep. Dit het die rok perfek afgerond, en daarom glo ek in Audrey Hepburn se stelling “ I believe in pink and I believe that happy girls are the prettiest”

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media