Erika van der Walt

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het 'n wye bruid-satyn romp van giggel geel. Daar is drie wye vrolike net-valle bo-oor die satyn romp wat begin met 'n baie effe geel en al helderder word tot by die derde val wat 'n sonskyn geel is. Die bo-stuk is 'n korset en is gemaak van 'n effekleurige bruid-satyn wat bedek is met 'n sagte chiffon. Die hele bo-stuk is versier met glas kristalle wat die son pragtig weerkaats en bydra tot die sprokies-gevoel van my rok. Die vrolike blommetjies op die bandjies van die rok, die bo-stuk en die bokant van die romp is elkeen sorgvuldig met die hand geverf en aangewerk. Elke blommetjie se binnekant het glas kristalle wat die stuifmeeldrade voorstel en ook met die hand op die rok vasgewerk is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My gunsteling kleur is sonskyn geel! Geel simboliseer vreugde, vrolikheid, optimisme, verbeelding, hoop, sonskyn en vriendskap. My ma sê altyd - Geel is Erika in 'n kleur. My rok sou dus altyd geel wees en ek het half en half 'n droom gehad hoe die ontwerp moes lyk. Toe my vriendin egter by ons skool se jaarlikse modeparade in 'n asemrowende Nadia May skepping verskyn het ek geweet... Dié is my droomrok! Die enigste probleem was dat die rok nie geel was nie. Nadia het nie geskroom nie en het hierdie rabbedoe se geel-droom met haar 'one-of-a-kind' ontwerp kombineer en my strokies-rok het gerealiseer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was dat dit my persoonlikheid in meters lap vasgevang het. Ek het soos 'n prinses gevoel in 'n balrok wat 'n Disney prinses sou begeer! My rok was boonop gemaklik en ek wou hom glad nie uittrek nie. Die rok is wie ek is. Dit wys my hart. Vrolik en opgeruimd.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media