Erasel Boer

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Met my matriekafskeid rok wou ek heeltemal uit my gemaksone gaan met die ontwerp. Ek was nog altyd lief vir 'n swart nommertjie wat klassiek en tydloos is, maar aangesien jou matriekafskeid 'n onvergeetlike geleentheid is wou ek hê my rok moet ook onvergeetlik wees - indrukwekkend en anders.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Hoërskool Menlopark

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

In ons moderne samelewing word daar altyd gespot en gesê dat die matriekafskeide van vandag soos troues hanteer word. Op jou troudag voel jy soos 'n prinses en die hele wêreld draai om jou. Ek wou hierdie idee implementeer met my matriekafskeid rok. 'n Rok skep wat my laat voel asof tyd kan stilstaan as ek by 'n vertrek instap. 'n Rok wat my soos 'n prinses laat voel en deur ander mense vir jare onthou sal word.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die manier waarop die romp van my rok beweeg het as ek in die rondte gedraai het. En alhoewel die rok op sy eie unieke manier klassiek is, het die "slit" dit 'n moderne gevoel gegee.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media