Enya Bezuidenhout

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok in Rotterdam Nederland gekoop in n klein winkeltjie gedurende my April skoolvakansie. ( My ouers het Nederland toe getrek en ek het agter gebly in die koshuis om my matriekjaar te voltooi by Helpmekaar Kollege.) Die Rok het dadelik my hart gesteel. Blink en goud en vol vonkel. Die kleur het my blou oë beklemtoon en dit was sommer liefde met die eerste oogslag. Ek is mal oor die eenvoud van die A lyn-snit, en al die mooi lê in die sprankel en goud van die rok. Die deursigtige rug van die rok is veral vir my mooi. Dis n gelukkige rok, en was so gemaklik om te dra en te dans.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie vreeslik inspirasie gehad vir my rok nie, ek het ook nie vooropgestelde idees gehad nie. Wat ek wel geweet het was dat ek definitief iets wou hê wat gemaklik moes voel, sodat ek lekker kon dans en kuier en draaie gooi op die dansbaan en ja ek wou tog iets elegant hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek moet sê my rok maak my gelukkig as ek na hom kyk, die goue kleur is vir my vrolik en die vonkel is pret. Ek hou van die rug van my rok wat n bietjie deurskynend is en dan eindig in n elegante sleep, dis prettig en chic.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media