Enrika Lubbe

Hoërskool Bultfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het ‘n helder “cherry” pienk rok met baie detail - soos my persoonlikheid - het ek baie versteekte talente. My abnormale rok kleur was die enigste van sy soort ! Ek hou daarvan om uit te staan en ‘n “statement” te maak. Behalwe vir die kleur het my waaghalsige slit aandag getrek. So het my grimeering, hare en juwele in harmonie saam gewerk om my droom matriekafskeidrok perfek te laat lyk !

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bultfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het ‘n borrelende persoonlikheid en is ‘n sosiale vlinder, daarom het ek geweet my matriekafskeidrok gaan aandag móét trek ! Ek wou ‘n buitengewone rok gehad het wat die mense gaan laat praat. My rok het beslis ‘n gegons in ons platelandse dorpie gelaat, aangesien ons maar net ‘n handjievol matrieks was. Blinkers en enige iets wat skyn is my handtekening so ek het geweet ek wou blinkers gehad het, maar op ‘n ander manier. My matriekafskeid rok het my wildste verwagtinge oortref !

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling gedeelte van my rok sal definitief die “corset” moet wees ! Vanaf ons die lap vir my rok gekies het wou ek bars van al die opgewondenheid ! Ek het geweet dit gaan ‘n “eyecatcher” wees - saam met my slit. My gesin is onlangs deur ‘n moeilike tyd met die afsterwe van my pa. Ek dink ‘n groot rede vir die blink en helder kleur van my rok is, dat ek wou gehad het mens moet dit van die hemel af kan sien !

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media