Emma Koch

Hoër Meisieskool La Rochelle

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Almal wat my ken weet my kleur is geel. Ek wou nog altyd die kleur dra vir my matriek afskeid, maar nooit geweet hoe die rok gaan lyk nie. Ek het een keer 'n foto op pinterest gesien wat dadelik my laat ophou soek het. Nadat ek my eie tweaks gemaak het, was dit my droom rok!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool La Rochelle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Inspirasie vir die rok het eintlik maar gegroei soos wat dit begin het. Al wat ek geweet het is dat ek iets anders wou doen. Ek wou graag hê dat die rok my persoonlikheid moet weerspeël en dat ek gemaklik sal voel om te dans en pret te hê geduurende die spesiale aand. Hoe meer die rok gevorder het, hoe meer het ek en tannie Maria ander idees begin kry vir die eindproduk. Ons het tot die middag voor die matriek afskeid gesit, en uiteindilik die finale resultaat gekry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat dit lig en gemaklik was. Ek kon heel aand dans en lag sonder om ongemaklik te voel. Ook een van my gunsteling dele van my rok was die feit dat ek nie ophou kon glimlag in dit nie. Ek het werklik soos myself gevoel en kon net wees.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media