Emma Janse van Rensburg

DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het korset bo kant met pers-blou patrone. Dit loop vloei na die onderkant, wat blou glimmer strepies op 'n deurskynende materiaal het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het maande lank gesoek vir die perfekte rok, maar niks het vir my uitgestaan nie. Ek en my ma het na 'n materiaal winkel gegaan en 'n tannie ontmoet wat matriekafskeid rokke maak. Sy het geoffer om ons te help en in die rakke gaan rond soek. Die materiaal waarmee sy teruggekom het, het my dadelik geïnspireer. Die lengte van die rok was perfek om van bo na onder, net so te gebruik as ontwerp. Sy het die materiaal voor my in die spieël gehou en ek het geweet dit gaan my matriekafskeid rok wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is die patrone op die materiaal wat my rok so uniek maak. Die blou-pers patrone op die korset deel wat oorgee aan die blou glimmer strepies, is wat my aandag getrek het, toe ek die materiaal die eerste keer gesien het. Dis materiaal wat vir my voel asof dit by my persoonlikheid pas en dit het my baie opgewonde gemaak om uiteindelik die rok te dra.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media