Emma Bornman
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Helpmekaar Kollege
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
‘Eenvoud met styl’ was nog altyd my keuse vir mode. Ek is ‘n Protea skut, en omdat ek ongelooflik baie tyd op die skietbaan spandeer, is daar min tyd vir “opdress” en mooimaak. Daarom het ek besluit om voluit te gaan met my matriekafskeidrok… Ek het eenvoud glans gegee met die keuse van materiaal en ek wou ‘n voorkoms skep wat ver verwyderd is vanaf enige skietbaan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Omdat die maak van my rok ‘n baie natuurlike proses was, en daar ook geen “eind-idee” was nie, was elke passing opwindend! Natasha het gefokus op my liggaamlike bou wat gelei het tot ‘n lae ruglyn. Dit is een van my gunsteling dele van my rok! Ek het seker gemaak ek is gelukkig met elke klein blink blaartjie wat sorgvuldig geplaas is, en saam-saam het ons my droomrok gemaak.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04