Emma Badenhorst

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vandat ek klein was het ek gedroom daaroor om eendag my eie matriekafskeidrok te ontwerp. Ek het vanaf gr 8 al idees op Pinterest bymekaar gemaak en het toe uiteindelik die geleentheid gehad om my rok vir my matriekafskeid self te ontwerp. Die bokant van my rok bestaan uit klein, silwer steentjies en pêreltjies wat op ń kant-lap vasgewerk is. My rok het ń v-nek aan die voorkant om my skouers te beklemtoon. Die rok sit stywer om my middellyf en val dan saggies onder met ń "slit" aan die linkerkant. Verder het my rok ń lae rug met silwer steentjies as knopies agterop, daar is ook twee bandjies wat horisontaal kruis om die rok stewiger te laat sit. Die doel van my rok se ontwerp was om my liggaamsbou te beklemtoon en vir my selfvertroue te gee en dit is presies wat dit gedoen het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek in graad 10 was, het ek en ń paar vriendinne na ń tannie se huis toe gegaan waar ons die dag spandeer het om ons verhouding met die Here verder te versterk. Een van die tannies het daai dag vir my gesê dat ek soos ń pêreltjie is. Sy het gesê dat ek ń "omhulsel" het om myself en my gevoelings te beskerm. Hierdie was grootliks my inspirasie vir die pêreltjies op my rok. Verder was die kleur van my rok geïnspireer deur die kleur van my oë, oor dit een van my gunsteling kenmerke van myself is en ek dit wou beklemtoon. Laastens is die silwer steentjies in my rok geïnspireer deur die Bybel versie : "ń Knap vrou is baie meer werd as edelstene."

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is my rok se unieke bostuk. Ek wou iets gedoen het wat niemand anders sou doen nie. Hierdie bostuk se silwer steentjies en pêreltjies het geblink as lig daarop skyn, wat dit meer "extravagant" laat vertoon het. Verder was ek mal oor my rok se oop rug en twee bandjies wat horisontaal kruis. My rok was werklik iets heeltemal uniek en het my pragtig laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media