Emily Venter

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Ouderdom

18

Skool

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

“Sweetness and elegance all in one" is die manier hoe my ontwerper Elmerane van Ryneveld by Orijinel my rok beskryf het. Die bostuk bestaan uit ‘n verskeidenheid los kantblomme en kralewerk in verskillende skakerings van pienk, wat afval in ‘n wye prinses romp. Die rok het dun krale bandjies met fyn blommetjies oor die skouers en ‘n laag gesnyde rug met krale detail.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was ‘n rok wat my persoonlikheid moet vasvang, my naam met elke draai moet fluister. Sag, pienk, dromerig, blomme en draaiende sprokies prinsesse, is alles dinge waarvan ek hou.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek is betower deur die beweging van my rok wanneer die fyn blink materiaal onder die tulle skitter. Die blomme en krale detail op my bostuk het my sag en porselein mooi laat voel. Die hele rok is my gunsteling…

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media