Elzané du Plessis

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou aanvanklik 'n baie eenvoudige, tog stylvolle, pastel geel rok gehad het en het toe op my ma se versoek eers rokke gaan pas om te sien watse snit my pas. Ek het my hart verloor op 'n groen rok en 'n snit wat ek glad nie eers voorheen oorweeg het nie. Ons is met die foto na 'n ontwerper en van daar af het die proses begin.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog nooit mal oor rokke, hakke en grimering nie maar op my matriekafskeid en troue sal ek 'n vergunning maak. Ek wou hê my rok moes gemaklik wees en 'n refleksie van my persoonlikheid. Ek is fun loving maar het ook 'n baie ernstige kant. Ek is nie net een ding nie en daar is baie fasette wat my as mens maak. Net so is my rok ook nie net een kleur nie maar 'n blou-groen wat van kleur verander soos die lug op hom skyn. My rok het 'n super blink moonshine lap onder en dan het hy lae van blou en groen oor wat die lae van my persoonlikheid wys. My rok is lank en sag maar het ook 'n geheime slit in wat net wys wanneer ek been wil wys. Ek is mal oor my rok en sal hom verseker weer dra.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Verseker hoe lig en gemaklik hy was. Ek is nie mal oor rokke en grimering nie maar die rok het my soos 'n mooier weergawe van myself laat voel en ek het elke kompliment waardeer. Die rok is perfek vir my en soos die beligting deur die funksie verander het, het die kleur van my rok ook verander en dit was pret om te sien.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media