Elza de Kock

Hoërskool Bredasdorp

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeid was een van die hoogtepunte van my jaar en daarom wou ek 'n rok dra om dit te weerspieël. Die rooi kleur het dadelik my oog gevang en ek het geweet dat die rok nie te swaar moes wees nie sodat ek lig op my voete kon wees. Ek wou 'n aand van dans en plesier geniet. Ek het besluit om die strik by te sit vir daardie ekstra bietjie "wow". Later die aand kon ek die strik afhaal sodat ek nie beperk was op die dansvloer nie. My asemwegslaan rok het my soos 'n prinses laat voel wat haar kinderdrome kon uitleef!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bredasdorp

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die asemrowende rok van Cara Delevingne by die 2023 Oscars. Met so bietjie verandering om die rok tot my styl aan te pas het Petri van der Merwe Designs dit reggekry om my droom 'n werklikheid te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was definitief al die verskillende komponente. Die strik en die lyfhand kan afgehaal word om 'n hele nuwe effek te skep. Ek sal beslis weer in die toekoms die prentjiemooie rok kan dra.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media