Elsje Cloete

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Bold, dramaties, elegant en met ‘n moedswillge ‘stelling maak’ ontwerp, is hierdie rok ‘n absolute treffer! My rokontwerper en maker, Hetta Dimpels van Elegant Designs by Hetta, is ‘n vrou wat tjoeftjaf my droomrok geskep het. Met ‘n spoed vinniger as die van lig het sy vir my hierdie ontwerp opgetower. Die rok is dramaties, maar ‘not too much’. Die rok maak ‘n ‘statement’ dat ek die jaar afsluit met ‘n bang!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Kempton Park

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van die eerste keer toe ek rokke begin aanpas het, was ek gefokus op bling! Dit trek my oog en ek kon dit net nie weerstaan nie! Met daardie idee ingedagte, het ons sommer maklik die regte kleur gevind en met behulp van die manjifieke silwer en navy blare aan die voorkant, die rok opgespice!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Natuurlik, die all-over bling, asook die pragtige silwer en navy blare-ontwerp wat van voor na agter die rok omhels en ‘n elegante effek gee. Ek is ook mal oor hoe die rok se voue val en die lig speel met die weerkaatsing van die menige klein, blou blingsirkeltjies.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media