Elmien Smith

Hoërskool die Wilgers

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My gunsteling kleur is olyfgroen, so natuurlik is my rok ook olyfgroen! My rok se materiaal bestaan uit die mooiste groen skakering van satyn, gesien in die moue, wat elegant by my arms af hang, asook in die romp deel van my rok. Dié deel van my rok bevat n gleuf waar my linker been kon deurval en die materiaal liggies oor mekaar val en die boonste deel van my been bedek. My rok het n sleep aan die linkerkant wat die rok karakter gee. Die boonste deel van my rok bestaan uit gedetailleerde borduurde ,olyfgroen kant en “boning” ,wat die rok struktuur te gee. Die bors-deel van my rok bestaan uit groen en silver kralewerk wat ook bydrae maak tot die karakter en struktuur van die rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool die Wilgers

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd graag n groen rok gedra het vir my matriekafskeid. Ons het gaan soek vir n matriekafskeidrok en ekt hierdie spesifieke rok heel laaste aangepas. Baie toevallig was die hele winkel vol mense en toe ek uitkom met hierdie rok aan, was al die oë op my. Ek het net geweet dat hierdie rok, MY rok was. Ek wou ook nog altyd graag n satyn rok gedra het vir my matriekafskeid, so ek het beide my begeertes in hiérdie rok gevind.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My heel gunsteling deel van my matriekafskeidrok is beslis die ontwerp waar die satyn moue elegant van my skouers af hang, en die pragtige en gedetailleerde borduurde kant wat om my middel gesien kan word.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media