Ella-Mari Le Roux
Paarl Gimnasium
Tuisdorp
Kaapstad
Skool
Paarl Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Jonel Kritzinger
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou nog altyd ‘n rok hê wat van kleur verander en ek is mal oor die kleur periwinkle. Ek het die material al ‘n jaar voor die matriekafskeid gekoop en lank gedink oor wat ek daarmee wil doen. Ek het uitendelik besluit om ‘n rok te laat maak wat uit drie verskillende skakerings van periwinkle bestaan. Ek wou soos ‘n prinses voel, maar steeds gemaklik wees, daarom het ek dié spesifieke styl en snit vir my droomrok gekies.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok simboliseer my uniekheid. Ek wou iets dra wat heeltemal anders is as enige ander rok, want daar is net een van my. My rok het vir my die selfvertroue gegee om unapologetically myself te wees. Hierdie selfvertroue dra ek saam met my terwyl ek die volgende hoofstuk van my lewe betree.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die aand was beslis om al my vriendinne se rokke vir die eerste keer te sien. Ons het as vriendekring saam besluit om ons rokke vir mekaar geheim te hou tot op die groot aand. Dit ‘n baie spesiale oomblik om almal se keuses te sien, elkeen het behoorlik geskitter. Die oggend van die matriekafskeid was ook vir my ‘n hoogtepunt. My sussie, niggies en ma was by my terwyl my hare en grimering gedoen is. Dit was ‘n besondere oomblik om met hulle te deel. Ons het heerlik saam gekuier terwyl hulle stories oor hulle elkeen se matriekafskeid gedeel het. Dit is ‘n herinnering wat ek vir altyd in my hart sal koester.
Planne vir na matriek
Ek gaan BSc Voedselwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Optimisties
Datum van matriekafskeid
2025-10-03