Eljanie Swanepoel

Hoërskool Brits

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Onverwags die 15 de Mei spring daar die impulsiewe idee in my kop. Impulsief is een van die min woorde wat my beskryf. Ek het besluit om een van my matrieks wat in die Kaap n ontwerper is te vra om my rok vir my te ontwerp en te maak. Jané van Tonder ,was is 2019 in matriek toe ons hulle wurms (graad 8) was, sy het nie net my sprokies rok opgetower nie maar sy het my soos n skoenlapper uit n vee verhaal laat voel met haar ontwerp. Sy het my rok gemaak met die visie wat sy oor my gehad het toe ek nog n "baba" in die grootskool was. Ek het nie eenkeer my rok gepas vooraf nie, my ma was n senuwrak maar ek het gesê wat moet gebeur sal gebeur. My rok was glad nie wat ek in gedagte gehad het nie maar dit het al my wildste verwagtinge oortref. Ek voel my rok spreek boekdele oor my as persoon en oor hoe impulsiewe besluite partykeer die beste resultate het. Hoe sê hulle “Take the risk or lose the chance”.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Brits

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het n visie gehad van n bloedrooi rok wat sou skok. Maar weereens loop die lewe snaakse draaie. Tannie Rensia, my wiskunde ekstra klas tannie, het oor die 5 jaar wat ek by haar klas gehad het 3 drome gehad oor my blink pienk rok, ek het die idee af gelag, want ek n pienk rok dra pft! Ek het wel na die idee geluister. Ek het toe besluit ek wil almal verbaas met my rok. Tannie Rensia se droom het gerealiseer en so was dit my droom ook. Dit was totaal en al impulsief en ek is nie een oomblik spyt nie!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die kraletjies wat een vir een met die hand op my rok gewerk is. Elke fyn detail wat die rok afrond. Maar ek hou meeste van die feit dat elke keer wanneer ek my rok aantrek voel my rok vir my nog mooier as die vorige keer. "It's safe to say" ek is verlief!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media