Goud is vir my die kleur van sukses, oorvloed en innerlike waarde. Dit simboliseer luuksheid, selfvertroue en tydlose skoonheid — presies hoe ek voel wanneer ek hierdie rok dra. Vir my beteken goud dat ek weet wat ek werd is en dat ek met trots en positiewe energie in die wêreld instap. Dit is die kleur van lig, warmte en oorwinning, en dit herinner my daaraan om altyd die beste weergawe van myself te wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Gunsteling deel van my rok is beslis hoe dit my laat voel het en dan meer fisies sal ek se die charli oor my skouers wat ek kan afhaal. Dan moet ek byse die feit dat ek so gemaklik gevoel het in my rok.