Elizma van der Vyver

Midstream College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

‘n eenvoudige, klassieke rok wat bestaan uit ‘n kombinasie Armani satyn en chiffon, met ‘n slit wat nie te hoog was vir my konserwatiewe moeder nie. ‘n Sagte strik op die een skouer met ‘n stukkie kant wat onder uitsteek en die illusie skep van ‘n tatoeërmerk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nie enige verwagtinge skep rakende hoe my rok moet lyk nie daarom het ek my ontwerper Joseph Anker vrye teuels gegee. My enigste vereistes was dat my rok elegant en interessant moet wees. Oom Joe het ‘n rukkie met my gepraat en daar ontwerp hy toe ‘n rok wat by my eksentrieke geaardheid pas. Ons het dadelik op die kleur swart besluit en wanneer mense gevra het wat die kleur van my rok is het ek gegrap en gesê so swart soos my hart.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Al die onbeplande elemente wat net gebeur het. Soos die kant op my rug, die kopies agter en die feit dat die strik se lang kant ook as ‘n serpie gebruik kon word, want ek kry baie vinnig koud.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media