Elizhia Alberts

Namibia - Walvis Bay Private School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ongelooflike mooi rok is ontwerp deur Amazing Designs in Namibia Walvisbaai. Dit is 'n sagte kruisement kleur rok. Die bo-lyf is oorgetrek met geborduurde blomme wat uitgewerk is met verskeie grotes krale wat af vloei na die romp gedeelte. Fotograaf was Jolandi Grundeling van Shalom Photography.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was dat ek 'n rok wou dra wat in geheel my persoonlikheid weerspieël en by my pas. Ek is 'n baie spontane persoon, met 'n sprankelende geaardheid, altyd opsoek na nuwe avonture. Al die blommetjies en fyn handwerk het perfek by my gepas. Ek wou EN het gevoel soos 'n prinses.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok... Ek kon my droom rok dra en absoluut net myself wees. Ek het gevoel soos 'n feetjie in 'n blommetuin... Amazing!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-06

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media