Elinke Wiese

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het n duidelike prentjie gehad oor hoe my rok presies moes lyk. My ontwerper Elmarie Jooste het dit perfek uitgevoer. Ek het n fully beaded rok gehad met n noupassende styl en n split asook n sleep. Ek het nie geweet watter kleur moet my rok wees nie maar saam met my ontwerper het ek toe my perfekte kleur gevind wat so beige cream(nude)kleur was. My rok agter was n lae V rug wat met beading opgegaan het. Ek het ook vir afronding n fyn pêrelbeltjie gehad wat by die res van die rok se beading gepas het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd n elegante, moderne matriekafskeidrok styl gehad het. Ek wou seker maak my rok pas by vandag se tendens. Ek het ook gegaan met n neutrale kleur omdat dit meer persoonlik vir my by my pas. Ek het goed navorsing gedoen deur na voorbeelde van rokke te soek waarvan ek hou, en ek het ook rokke aan gepas om te kyk wat by my pas. Dit was vir my baie belangrik om die perfekte rok te kry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is baie moeilik om te sê wat my gunsteling was, want my hele rok was my gunsteling. Maar as ek moet sê sal dit die lap van my rok wees en die rok se rug.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media